Day 252 – “Luister na my geheim (** Afrikaans)"

My Heroin Recovery (Friday, 3 August 2007)
Day 252 – “Luister na my geheim (** Afrikaans)”


Ek staan op die oomblik in die gang en wag vir ma. Ek wag om ma se aansteeklike glimlag te sien, ma se hande om my lyf te voel en vir my te vertel dat alles reg gaan wees - dat ma daar sal wees vir my. Ek skryf hierdie brief met die hoop dat ma dit sal lees en dat ek nie vir die soveelste keer hoef om te draai en in trane na my slaapkamer toe moet hardloop nie.

Ek staan in die middel van my kamer, ma. Die honderde prente van een of ander kaal manlike bolyf staar my in die gesig en hier en daar maak 'n prent van kastige seks godinne soos Madonna, Pamela en Marilyn hulle verskyning. Vergeef my asseblief, ma. Ek probeer myself indink wat die dag gaan gebeur as ma moet uitvind. Wat gaan ek sê? Wat gaan ma die res van ma se lewe lank vir my voel? My vriende sê, hulle het dit vermoed, ma! Hulle sê hulle weet al lankal. Weet ma al lankal dat ek gay is?

Ek wens ek kon sê dit was 'n fase, ma, maar ek voel dit al my hele lewe lank. En nou waar ek op die ingang van my grootmens lewe staan wil ek nie meer elke dag 'n leuen lewe nie. Ek hoop dat ma hierdie brief lees. Ek hoop dat hoe meer en meer woorde ma lees, ma sal weet dat ek van ons twee praat. Ek hoop dat die trane en hartseer wat ma gaan voel nie lank sal hou nie en dat ons eendag weer mekaar se beste vriende kan wees... tot dan sal ek in die gang staan en wag vir ma!

** Translation to English available soon!

1 comments:

Anonymous said...
on
This comment has been removed by a blog administrator.